Oor
WATER OP WALDRIFT
Water op Waldrift is in die hartjie van die Vaal geleë, naby dorpe soos Meyerton, Vereeniging, Vanderbijlpark en Heidelberg, en net sowat 40 minute se ry van Johannesburg af. Kom ontspan saam met vriende in 'n outentieke, tydlose, intieme en ontspanne atmosfeer op 'n moderne plaas.
Geskiedenis van
WATER OP WALDRIFT
Hierdie unieke stuk grond is ongeveer 2000 jaar gelede ontdek, met beweerde rotstekeninge wat gevind is en is in 1971 deur professor David Morris Hoof van Argeologie by Kimberley se McGregor-museum tot 'n Erfenisterrein verklaar.
Geleë op die plaas Waldrift het die sandsteenrots 'n verskeidenheid rotstekeninge (rotsgravures). Die 244 gravures wat op die terrein geïdentifiseer is, verteenwoordig 'n paar dierefigure en baie ongewone meetkundige ontwerpe en is veral interessant vanweë hul ongewone aard en simmetrie
Vereeniging het sy ontstaan van steelkool bedrywighede wat deel daarvan geskied op plaas Waldrift, steenkool in ontdek in 1879. Redan soos vandag nog bekend was 'n dorp gebou vir werkers van die kragstasie in die area, elektriesiteit is opgewek, steenkool is met treine van skagte na die kragstasie vervoer. Die myn is later gestaak asgevolg van te veel water, alle myn gereedskap is in die myn agtergelos.
Die water het n baie hoë swael inhoud en is nie geskik vir menslike gebruik nie, maar die element is baie goed vir gewasse, die boerdery ontrek die water uit die myn om gewasse te besproei.
Op 1 November 2009 word Pieter en Martina Hamman Boerdery die nuwe eienaars van Waldrift. Martina het dadelik die potensiaal in die plaashuis gesien en dit omskepin n gaste huis, sy wil graag die passie van boerdery en gasvryheid met mense deel.
In Desember 2014 het tragedie plaasgevind, tydens die besoek van gaste het 'n brand uitgebreek en die gastehuis brand af...
In Januarie 2016 begin die nuwe bouwerk en ons pak alles aan met dieselfde warm passie as die vlamme wat soveel verwoesting gesaai het.
In 2017 het ons die belofte nagekom en die nuwe mure weer opgebou, in al hul glorie! Water op Waldrift gasteplaas ontvang nou gaste met eg boere gasvryheid.
'n Windpomp as simbool van water, hoop en nuwe lewe staan nou teen die muur waar die brand in 2014 begin het.
Daar is weer lewe, Water op Waldrift - die windpomp se wiel draai, trek water uit rots en ons sal weer lewe, plant, ploeg, oes en ander voed... en dit wil ons met ander deel.
Kom ervaar die wonder van water, die borrel van gasvryheid, die sagtheid van 'n vere komber, die kos van onse aarde, en mag die wiel jou wer terug bring, keer op keer na Water op Waldrift gasteplaas.
Kontak



